Authors
Adine GerickeJ Van der Pol
Topics
Textile materials and evaluationsNatural Fiber Reinforced CompositesBamboo properties and applicationsOPSOMMING Geregenereerde bamboes, ook bekend as bamboes viskose, is ‘n verwerkte sellulosevesel wat onlangs op die mark verskyn het. Tekstielstowwe van dié vesels is geskik vir ‘n verskeidenheid produkte in die klerasie sowel as huishoudelike mark. Die gewildheid daar van kan toegeskryf word aan die feit dat dit bemark word as omgewingsvriendelik en hernubaar (wat in hierdie geval verwys na die feit dat die bamboes waarvan dit gemaak word ‘n rou material is wat baie vinnig groei, nie bedreig is nie en sonder oormatige chemikalieë verbou word). Daar word ook aanspraak gemaak op buitengewone gemakseienskappe wat verband hou met vogabsorbeervermoë en aanvoel ing. Dit is ook bekend dat die vesels antimikrobiese eienskappe besit. Behalwe vir die sogenaamde “cool feeling”, is die gemakseienskappe waarna verwys word eintlik van toepassing op die meeste sellulosevesels of tekstiels towwe - veral katoen en viskose rayon. Die gladde filamentstruktuur van viskose rayon lei tot ‘n uit stekende drapeervermoë en ‘n aanvoeling wat besk ryf kan word as “glad en luuks”. Hierdie veseleien skappe kan ook aanleiding gee tot ‘n “koel” sensasie op die vel. Die vraag ontstaan dus of die vermoë om vog te hanteer en die termo-fisiologiese eienskappe van bamboes viskose werklik beter is as dié van an der sellulose- vesels. Die doel van hierdie studie was om empiries te ondersoek of die voghanteervermoë en termo fisiologiese gemakseienskappe van geregenereerde bamboesveselstowwe betekenisvol verskil van dié van katoen en viskose rayon. Objektiewe meet instrumente is gebruik om eienskappe soos termiese weerstand en absorbeervermoë, waterdampdeurlaat baarheid, waterabsorbeervermoë en die vogdeurlaat baarheidsindeks van drie tekstielstowwe, gebrei van garings van onderskeidelik bamboesvesel, katoen en viskose rayon, te vergelyk. Die onderskeie vesel strukture is vergelyk met behulp van ‘n skandeer elektronmikroskoop (SEM). In teenstelling met wat verwag is, is geen empiriese bewyse gevind dat die gemakseienskappe van bam boesveselstowwe beter is as dié van die ander twee sellulosevesels wat getoets is nie. Dit is belangrik om daarop te let dat geen van die aansprake wat ge maak word ten opsigte van genoemde eienskappe as onwaar bewys kon word nie. Bamboesvesels kan beslis verwerk word in produkte wat ‘n besondere bydrae lewer tot die versekering van die gemak van die draer omdat dit vog en temperatuur goed kan reguleer. Die resultate van die studie dui egter daarop dat die gebreide katoen en veral die gebreide viskose rayon stowwe wat getoets is, vergelykbare eienskappe toon. Die resultate bevestig ook die ver wagting dat metings op die viskose rayon stowwe as gevolg van die ooreenstemming in fisiese veselstruk tuur en vervaardigingsprosesse baie meer sou ooreenstem met dié van die bamboesveselstowwe as met dié wat van katoen vervaardig is.ACKNOWLEDGEMENTS: The authors would like to thank Prof Lubos Hes and the Department of Textile Science, Technical University of Liberec, Czech Re public, for the use of laboratory equipment and facili ties, as well as for technical guidance in this project and the CSIR Materials Science and Manufacturing (National Fibre, Textile and Clothing Centre) in Port Elizabeth and specifically Ms Tando Mbanga (Clothing Technologist/Researcher) for the use of and assistance with the tests on WALTER TM thermal manikin.
About
PublishedApr 21, 2010
TypeArticle
Citations30
References14